Цена: 1116.56 RUR
ПодробнееEtienne van Heerden My Kubaan
модель не указана
57171732
My Kubaan was Van Heerden se eerste kortverhaalbundel – ’n belangwekkende bydrae wat hom midde-in die destydse oplewing van die Afrikaanse kortverhaal geplaas het. Die beste tekste in hierdie bundel het ’n digtheid en vormbewustheid wat hom uitwys as toonaangewend onder ’n hele geslag knap jong kortverhaalskrywers. My Kubaan is in 1984 met die Eugène Marais-prys bekroon.
не указано
Цена: 1488.75 RUR
ПодробнееEtienne van Heerden Die biblioteek aan die einde van die wêreld
модель не указана
57173037
Prokureur Ian Brand stuur ’n ondeurdagte twiet die kuberruim in en sy lewe word oornag pure hel. Thuli Khumalo, studenteaktivis op 'n kampus wat stink na petrol en traangas, moet kies tussen vaderverraad of haar beginsels versaak. Snaar Windvogel, vroeër van Matjiesfontein, is nou in transisie onder die lem van ’n enigmatiese plastiese chirurg. En al hoe gereelder slaan ’n kruisboogmoordenaar in die Moederstad toe . . . Hierdie en vele ander fassinerende karakters bevolk ’n landskap waarin die enigste sekerheid ónsekerheid is. Want Etienne van Heerden se tergend aktuele nuwe roman sê veel oor die tyd waarin ons lewe, waar privaatheid en identiteit abstrakte begrippe geword het, fopnuus ononderskeibaar van die werklikheid, en “die waarheid” klaarblyklik ’n onhaalbare ideaal.
не указано
Цена: 369.86 RUR
ПодробнееChristine le Roux 'n Vonk van liefde
модель не указана
57166092
In ’n Vonk van liefde moet ’n swanger jong vrou ’n nuwe lewe aanpak ná haar man se dood. Sy kry ’n betrekking as bestuurder van ’n gastehuis in die Karoo waar die eienaar van die plaas hom onverwags ook ontferm oor haar persoonlike welsyn, veral ná die koms van die baba.
не указано
Цена: 893.25 RUR
ПодробнееJohann de Lange Vleiswond
модель не указана
57171812
Hierdie bundel is ’n boeiende, onverskrokke verkenning van gay-liefde. Daar word onder meer gefokus op die verhouding tussen die erotiese en die religieuse; seksualiteit word metafoor vir die oorgee van die liggaam as offer, maar terseldertyd as die ervaring wat ’n verlossing bewerkstellig. Vleiswond sê baie oor die menslike ervaring van liefdesontrou, die besef van tydelikheid en verganklikheid en die verhaal van liefde-in-doodloopstrate.
не указано
Цена: 1488.75 RUR
ПодробнееEtienne van Heerden In stede van die liefde
модель не указана
57168147
Dié roman is ’n wydlopende werk wat hom veral in Seepunt, Stellenbosch en Matjiesfontein afspeel. Maar die kring word wyer getrek om onder meer verskeie Europese lande en Zimbabwe in te sluit. Seepunt en Stellenbosch is die ruimtes waarin veral een van die hoofkarakters, Christian, beweeg. Hy is ’n internet-kunshandelaar van beroep, maar hy soek iets méér in die lewe; deel van sy bestaan word geheim gehou van sy gesin… soos byvoorbeeld sy kokaïne-verslawing, en sy woonstel in een van Seepunt se meer obskure buurte. Sedert verskeie hartomleidings, en ook nadat hy deur Kaapse bendelede geteiken is, het sy lewe toenemend gekompliseerd – én interessant – begin raak. Ewe enigmaties is sy vrou, Christine, wie se vreemde verlede voortdurend op haar hede bly inspeel. En op Matjiesfontein is daar ’n amper magiese wedvlugduif-kultuur, wat soos ’n goue draad deur daardie sameleweling loop. Eksentrieke maar uiters geloofwaardige karakters kom hier aan die bod. Daar is bv. die geheimsinnige hotelbestuurder, selfopgeleide hipnotis, wat verskillende personas bevolk: hy is Arendjan, Raspoetin, Rudyard Kipling. Al die hoede pas. En Miss Edelweiss, musiekonderwyseres wat die vlaktes met haar metaalverklikker bewandel. En Johnny, die deurwag met die immer-wit handskoene, wie se hande vir niks verkeerd staan nie. Op vernuftige wyse word die twee verhaallyne met mekaar versoen, onder meer deur die bruin meisie Saartjie… sy wat eendag ’n viool optel en asof besiel daarop begin speel. Daar en dan word sy herdoop tot “Snaartjie”, en haar lewe word onlosmaaklik verstrengel met die ander Matjiesfonteiners s’n. Wanneer sy ontvoer word – of het sy weggeloop? – begin ’n intrige ontvou wat al drie ruimtes in die storie op vernuftige wyse oormekaar laat skuif. Van Heerden se roman is ’n absolute kragtoer, en beloof om ’n baie wye leesgehoor te trek.
не указано
Цена: 369.86 RUR
ПодробнееSchalkie van Wyk Somer van betowering
модель не указана
57166627
In Somer van betowering leer ken ons ’n stinkryk heks met ’n hart van goud, ’n potjierol-kluisenaar met die empatie van ’n reus, ’n beeldskone meisie met die liefde van ’n vrou, en die man van haar drome met ’n hart vol vyandigheid. Dit is die boeiende verhaal van Elbie de Villiers se liefde vir haar ouer suster se kleintydmaat, Luan Stegmann, en sy weiering om dit te glo, totdat dit byna te laat is. Dit neem die leser mee op ’n reis wat vertel van onselfsugtigheid, alleenliefde, waagmoed – en uiteindelik: betowering.
не указано
Цена: 625.27 RUR
ПодробнееNeels Jackson Jesus vir almal
модель не указана
63932725
Neels Jackson glo dat godsdiens grootliks gaan oor die navolging van Jesus. Vir hom het Jesus se liefde egter implikasies vir die gay debat. Jesus se liefde vir gay mense moet verstaan word in die lig van Jesus se liefde vir die randfigure van sy tyd. Die skrywer ontleed die sewe gay-tekste in die Bybel binne die konteks waarin dit geskryf is en vul sy argument aan met die behandeling van 'n misverstande en ander argumente wat gaywees veroordeel.
не указано
Цена: 1042.12 RUR
ПодробнееAnnelize Morgan Annelize Morgan Omnibus 3
модель не указана
57163802
In Masker van die verlede raak Angélique de Busset in die Kaap onder dwang verloof aan die markies van Touraine. Swaardgevegte, liefdesdriehoeke en vele intriges lê in haar toekoms, en eindelik sal Angélique moet besluit of sy gaan trou met die selfversekerde markies en of sy haar eie kop gaan volg. In Kring van wraak spoel ’n bittere vyandskap tussen drie Franse gesinne oor na die Kaap van Goeie Hoop wanneer hulle daarheen verhuis. Die pragtige Constance Tourain wil hê dat haar ouers die strydbyl moet begrawe, veral wanneer sy liefde vind, maar ou vetes kom nie maklik tot rus nie. En in Swerwers op die goudpad is Amy altyd aan die vlug, wég van die bedrogspul waardeur sy van haar erfplaas beroof is. Nou droom sy van Pelgrimsrus se spoelgoud . . . én van liefde.
не указано
Цена: 1265.43 RUR
ПодробнееEtienne van Heerden Klimtol
модель не указана
57167072
Dié yo-yo wat van sy vinger af uitkatrol het eens op ’n tyd vol sale getrek. In die dae van fleur en flambojansie, toe hy met eendsterthare en in sy smoking jacket met elke hopstappie en kierang die gehoor kon betower. Maar nou is Ludo Loeloeraai se hare grys, en verlang hy na die kameravrou wat hy dekades laas gesien het. Die bloedkol op die pad by Tweefontein kan hy nie vergeet nie, en so ook die eerste verskyning van die vliepiering op die oop pad . . . Dis hier op Paternoster, waar hy aan die einde van ’n baie lang pad tot rus probeer kom, dat Snaartjie Windvogel haar opwagting maak. Nou eers kon sy van die suikerhuis wegbreek, maar sy het reeds die aand toe haar viool stukkend getrap is, geweet dat daar vir haar nooit weer ’n terugkeer na Matjiesfontein sou wees nie. En dis op Paternoster waar haar pad kruis met dié van Eenslie Maree, pas uitgeklaar as adelbors. Hy sóék haar, want sy is ’n pragtige meisiekind met lang bene en goeie dye, kuite soos twee visse en regop borste, en hy is ’n jongman in uniform met ’n reguit rug. Al weet hy dat sy die een is wat die bouers jumps gee. Al sê mense selfs oom Ludo ry elke oggend verby die vuurtoring om Snaartjie in die reservaat te ontmoet en dis hoekom hy deesdae so sonbruin en gesond lyk, want dié meerminjintoe seks hom deeglik en hy is op dreef. Een ding is seker: twee lyke wat so kort na mekaar by Bekbaai uitspoel is geen grap nie. Wat sou al dié sterftes met die vloek van die see na Paternoster gebring het? Klimtol is Etienne van Heerden se eerste roman sedert die veelbekroonde 30 nagte in Amsterdam in 2008 verskyn het. Dit is ’n kragtoer van ’n triek.
не указано
Цена: 818.81 RUR
ПодробнееChris Norden van der Merwe Die Wonder van die goddelike liefde
модель не указана
57168017
Ons wêreld word ten diepste gekwel deur morele verwarring en betekenisloosheid. Of ons dit nou wil weet of nie, ons lewe word deur waardes bepaal en ons besluite berus daarop. Hoewel materiële welvaart vandag dikwels as die hoogste waarde beskou word, het dit sy beperkings; in die dieptes van ons siel is ’n leegheid wat geld nie kan vul nie. Die Bybel toon aan ons morele waardes om ons te lei in die lewe met sy vele besluite, geleenthede en versoekings. Hierdie waardes kan betekenis aan ons lewe gee en standhou in die wisselvalligheid van ons aardse bestaan – selfs óór die grense van ons aardse bestaan. Dit het nodig geword om weer oor hierdie waardes na te dink, om die betekenis daarvan te herontdek vir ons eie wêreld. Dit is veral in die lewe en woorde van Jesus dat ons sien hoe ryk hierdie konsepte is en hoe relevant dit is vir ons tyd. Die waardes van geloof, hoop, geregtigheid, nederigheid, blydskap en vrede, waarheid en liefde gee ons ’n glimp van die heerlike Wese van God. Dit wys ons hoe ons ons lewe in navolging van Jesus behoort te lei en só, as dissipel van Jesus iets van God se heerlikheid in ons daaglikse lewe te weerspieël. En dít is die manier om ons leë lewe met betekenis te vul. In Die wonder van die goddelike liefde ontleed Chris van der Merwe die Bybeltekste en -verhale wat deur geslagte van gelowiges aan ons oorgelewer is, en bespreek hy die rykdom en toepaslikheid daarvan, in die strewe om nader te kom aan die God van liefde in wie hy, en ons, geleer het om te glo.
не указано
Цена: 369.86 RUR
ПодробнееElza Rademeyer Storms van die liefde
модель не указана
57168567
In Storms van die liefde ontvou ’n liefdesverhaal by Mosselbaai se groot olieboorprojek. Die tergende vraag ontstaan: waar sal Esbeth geluk vind – by Richard, haar vermiste man; by die charismatiese, ryk Gustav; of by De Wet, die verliefde diamantsmokkelaar?
не указано
Цена: 1042.12 RUR
ПодробнееSchalkie van Wyk Schalkie van Wyk Keur 10
модель не указана
57166622
In Die grondbaron koop Erika Marais en haar kunstenaarbroer, Henno, die pragstuk van ’n huis, Drie Eike, op hul tuisdorp van weleer met die oog daarop om ’n losieshuis daarvan te maak. Hulle het egter skaars daar ingetrek, of dit blyk dat die verkoper, Riaan van Vollenhoven, se broer, Wilhelm, eintlik die eerste opsie op die huis het. Maar tot tyd en wyl Riaan hulle geld terugbetaal, het Erika-hulle geen ander heenkome nie en sy bly aan as ’n soort van ’n huishoudster. Erika moet toesien hoe Minette du Toit en Amalia Davel hul flikkers by die hoogs hubare Wilhelm gooi . . . In Somer van betowering leer ken ons ’n stinkryk heks met ’n hart van goud, ’n potjierol-kluisenaar met die empatie van ’n reus, ’n beeldskone meisie met die liefde van ’n vrou, en die man van haar drome met ’n hart vol vyandigheid. Dit is die boeiende verhaal van Elbie de Villiers se liefde vir haar ouer suster se kleintydmaat, Luan Stegmann, en sy weiering om dit te glo, totdat dit byna te laat is. Dit neem die leser mee op ’n reis wat vertel van onselfsugtigheid, alleenliefde, waagmoed – en uiteindelik: betowering. En in Meisie in die reën besef Marli Conradie, toe sy ná tien jaar weer vir Hilgard Geldenhuys sien, dat haar tienerliefde vir die man voor wie sy grootgeword het, in die dieper liefde van ’n vrou verander het. Daarmee saam weet sy egter ook dat haar liefde wense in die wind is, want Hilgard behandel haar steeds soos sy klein “asjas” wat hy teen die lewe moet beskerm. Hulle keer saam terug na Groeneweide, waar die wyse, warme tant Alma Marli onder haar vlerk neem – veral toe Marli uitvind dat die flerriemerrie van ’n Ulricke Starck haar verleidelike net wyd gespan het vir Hilgard.
не указано
Цена: 818.81 RUR
ПодробнееJan Rabie 21+
модель не указана
57171552
Hierdie surrealistiese kortprosas met digterlike aanwending van die woord is beduidend anders as die tradisionele realistiese kortverhaal in Afrikaans. Temas soos die samelewing se skuld aan die ondergang van die individu (“Die man met die swaar been”); die verskrikking van die uitwissing van die Jode in die Tweede Wêreldoorlog (“Die nuwe piramides”) en die impak van eerste liefde (“Die dag van die roos”) word in min en eenvoudige woorde met maksimum effek uitgebeeld. Die rasseverhoudinge word aangedurf in ’n stuk soos “Droogte”, waar die wit man homself van die swart man isoleer, maar dan ook van die hele wêreld daarbuite. Hy bou homself toe in ’n huis sonder deure en vensters, sodat die swart man nie kan inkom nie, maar verseël daarmee ook sy eie lot. Ook “Plek vir een” toon aan hoe velkleur nie die eendersheid van die mens kan verander nie. Teenoor hierdie toespelings op die Suid-Afrikaanse aktualiteit werk hy in twee verhale met temas uit die kontemporêre Europese geskiedenis. “Lied oor Niemandsland” se tema is die geloof in waardes wat hoër gaan as die politiek. Die liefde van ’n jong soldaat vir ’n meisie wat in dieselfde dorpie as hy woon, word deur ideologiese grense gestuit.
не указано
Цена: 1414.31 RUR
ПодробнееEtienne van Heerden Die wêreld van Charlie Oeng
модель не указана
57171422
Tian Kilian se ouers is voor sy oë vermoor, die aand van die vuurwerke op Slootplaas. Nou reis hy, Amsterdam toe en na Kowloon, oral op die spoor van Charlie Oeng, oftewel Koekepan, oftewel Gelatenheid, oftewel Chinees. Eens op ’n tyd ’n onbeduidende Hollywood-ekstra, maar ’n hoofrolspeler in Tian se wêreld. Hoe harder Tian probeer om die pyn wat hom sedert sy jeug vergesel, te verstaan, hoe tergender word die vraag: Waar eindig die Chinees se skuld en waar begin sy éie aanspreeklikheid? ’n Ryke verskeidenheid karakters bevolk dié ambisieuse verhaal, van die Chinese matriarg Ouma Voetjies in Amsterdam tot die blinde siener Ouma Ogies in die Oos-Kaap, van Cor van Gogh, hy met die kleinood in die koker, tot die enigmatiese, naamlose “Sy” . . .Die wêreld van Charlie Oeng staan in die tradisie van breedopgesette vertellings met veelvuldige verhaallyne en uitgebreide agtergrondbeskrywings. Feit en verdigsel is sjarmant verweef in hierdie verbluffende roman.
не указано
Цена: 1042.12 RUR
ПодробнееJan van Tonder Is Sagie
модель не указана
55596266
’n Gewone uitgawe vir boekwinkels. Hierdie is ’n heruitgawe van ’n boek wat in 1987 verskyn het en die jaar daarna as die naaswenner in die ATKV-prosaprys aangewys is. Jan van Tonder, skrywer van die gewilde roman Roepman verken ook in Is Sagie die wêreld van onskuld. ’n Verhaal wat in die Klein-Karoo afspeel – op die oog af eenvoudig, maar diep-menslik, ’n verhaal wat elke leser se hart sal raak. Die jong man Sagie boer saam met sy pa op ’n plasie in die Dwarsriviervallei en is skaars bewus van die dinge waaroor die meeste ander mense hulle normaalweg bekommer, hy leef gewoon soos sy oë sien en sy lyf voel. Sy vriendskap met Ansie, die dogter van die nuwe bure, laat hom die wonder van die liefde ervaar. Maar wanneer die werklikheid dit verbreek, het hy geen verweer nie.
не указано
Цена: 1042.12 RUR
ПодробнееJohan van Wyk So was dit
модель не указана
57166537
Johan van Wyk beskryf ’n platteland propvol enigmatiese karakters en ongewone gebeurtenisse. Saam met hom betree jy die wêreld van Stefaans-sonder-sokkies, die Beenpense van Draaikraal, ant Hettie Poortjies en Gert Kriedoring – en ’n era van eenvoud en outydse waardes. Sy stories gaan oor windpompe, skuurdanse, die uitgestrekte vlaktes van die Hantam, Aga-stowe, baaisiekels en boorgate . . . en mense wat teen die armoede in probeer boer. Dit verklap egter ook iets van die lewensreise waarop ons gaan en dit wat ons in ’n leeftyd oor dinge soos liefde, verlies, geluk en sterflikheid leer.
не указано
Цена: 818.81 RUR
ПодробнееJ.C. Steyn Die grammatika van liefhê
модель не указана
57171592
J.C. Steyn se debuut-digbundel plaas die fokus op sowel persoonlike problematiek (die ek in sy verhouding tot homself en die liefde) as ’n fyn spel met die taal. Die klem is op die betekenismoontlikhede van woorde, onder meer in assosiasie met ander woorde. Die digter skram weg van sentiment, maar lewer tog ’n besonderse bydrae tot die Afrikaanse liefdespoësie.
не указано
Цена: 1116.56 RUR
ПодробнееWinnie Rust Margie van die seminary en ander verhale
модель не указана
57165627
Die verhale van ses vroue wat hul op een of ander tyd in Wellington bevind het, word met ‘n fyn hand aanmekaargeweef. ’n Skrywer onthou haar ma se verhaal oor hoe sy onwillig voor die liefde geswig het na haar jare in die Wellingtonste Seminary. In die aftreeoord waar haar ma gebly het, kom sy af op die agterkleinkind van Elizabeth Rolland, ’n sendelingsvrou. Van hier volg sy die spore na van nog vroue wat hul eens op ’n tyd in Wellington bevind het
не указано
Цена: 818.81 RUR
ПодробнееHannelie Groenewald Terreur in Kaboel
модель не указана
57171847
Die 9/11-terreuraanvalle in die VSA het Hannelie Groenewald en haar man, Werner, met nuwe oë – en 'n nuwe roeping – na die wêreld laat kyk. Saam het hulle besluit: Ons sal die Goddellike opdrag uitleef om Christus se Lig in die wêreld te wees. Maar nooit sou Hannelie kon droom hoe hoog die prys uiteindelik sou wees nie… Hierdie boek vertel die hartverskeurende verhaal van 'n vrou van God wat haar man, seun en dogter in 'n wrede terreuraanval in Afganistan verloor. Dit vertel van 'n gelowige wat in gehoorsaamheid leef, oortuig van God se liefde en die beskerming waarvan sy Woord vertel. Net om dan skielik te worstel met die vrae: Here, hoe kon so iets gebeur? Here, waar is U nou? Hannelie beskryf hoe die pad na Afganistan een van oorgawe was, 'n geloofsreis. Sy skryf oor die lewe daar, die aanpassing, haar en Werner se werk, en haar tieners, Jean-Pierre en Rodé, se lewe en opvoeding in die vreemde. En dan, op ysingwekkende wyse, beskryf sy die aanval waarin haar gesin koelbloedig in hul huis doodgeskiet is, die teikens van terrorriste wat die Suid-Afrikaanse Christen-gesin in Kaboel geruime tyd dopgehou het. Sy vertel van «die langste nag van haar lewe» wat gevolg het. Terreur in Kaboel is 'n boek wat die leser aanmoedig om die werklike koste van ons geloof in Christus te bereken, om opnuut stil te staan en na te dink oor die karakter van God en ons identiteit as Sy kinders. Hannelie Groenewald se verhaal is 'n merkwaardige getuienis van 'n lewe in geloof, van God se liefde, genade, en die krag van vergifnis. En uiteindelik is die boodskap van Terreur in Kaboel eenvoudig: Dit gaan alles oor God en Sy heerlikheid, en daarin lê ons hoop.
не указано
Цена: 1191 RUR
ПодробнееBreyten Breytenbach Katalekte
модель не указана
57165762
Die subtitel “artefakte vir die stadige gebruike van doodgaan” dui reeds op die belangrikste temas in Breytenbach se nuwe bundel: afskeid, verganklikheid, die dood. Maar tog is daar ook, soos altyd, gedigte wat ’n viering is van die lewe en van die liefde. Katalekte vorm ’n drieluik met sy vorige twee bundels, Die windvanger en Die beginsel van stof. Soos voorheen, gedigte wat aards is én liries, sintuiglik én abstrak, eenvoudig én kompleks, onthutsend én teer. En steeds, die assosiasie van letsels, oorblyfsels, flardes, van onvolledigheid. En uiteindelik, ’n oorgang na “die bevryding van onsigbaarheid”.Die boek sluit 20 afbeeldings in kleur in, van pampoen tot nar: ’n integrale deel van die teks.
не указано
Цена: 1042.12 RUR
ПодробнееCarla van der Spuy Liefde agter tralies
модель не указана
57172947
Johann Nel, die Skierlik-moordenaar, gevonnis tot 168 jaar gevangenisstraf, vind liefde. Die jong vrou trou met hom, teen alle raad… Dít is ver van die enigste geval van so 'n verhouding. Van diewe tot geweldsmisdadigers – selfs moordenaars – vind liefde agter tralies. Sulke mense word dikwels as monsters beskou, maar vir diegene wat op hulle verlief raak is hulle «die liefde van hul lewe», of word hulle soos familie word vir mekaar. Die bekende misdaadskrywer Carla van der Spuy gesels met mense wat hierdie onwaarskynlike soort liefde self ervaar het. Daar is die bruid in boeie, tot sewe jaar gevonnis vir moord; die swendelaar wat sy lewe omgekeer het met die steun van sy nuwe liefde; mense in die tronk wat verstom is om liefde te vind op onverwagte plekke. Sy gaan klop ook aan by kenners en kyk na wat sulke verhoudings agter tralies dryf.
не указано
Цена: 744.37 RUR
ПодробнееMarzanne Leroux-Van der Boon Lewensblik
модель не указана
57166217
Hierdie bundel is ’n versameling uit die keur van Marzanne Leroux-Van der Boon se essays wat die afgelope agt jaar in Lééf met hart en siel verskyn het. Haar vertellings is kort sketse oor die lewe wat handel oor al dié dinge wat ons lewens inkleur, soms met sagte pastelle, en soms met harder hale. Dit vertel van die weerloosheid van die mens, maar ook van hoop en vertroue. Dit beskryf die uitdagings wat die lewe ons bied, maar ook die vertroosting van die Here se liefde en genade wanneer ons dit die nodigste het. Dit teken die afwagting en onsekerheid van reis en verhuis, die kommer en chaos van siekte en dood, maar ook die teenwoordigheid en die voorsiening van die Een wat ons hartseer laat bedaar en ons soms ’n dubbelporsie van sy goedheid gee, sodat ons blymoedig van blydskap kan dans.
не указано
Цена: 1488.75 RUR
ПодробнееEtienne Leroux Die eerste siklus
модель не указана
57165872
Die verband en samehang tussen Etienne Leroux se eerste drie romans is nie in die vyftiger- en sestigerjare al raakgesien nie; die sikliese aard is eers later bevestig en die drie romans is in 1986 die eerste keer in een band gepubliseer as Die eerste siklus. Die eerste lewe van Colet (1955) is ’n ontwikkelingsroman in kroniekvorm; die leser beleef die seun Colet se groei van kind tot jong volwassene (die tydperk is 1921 tot ongeveer 1942), met as fokus sy seksuele ontwaking. Hilaria (1957) volg daarop en vertel hoe Colet, ná sy terugkeer van die oorlog (in die jaar 1946) help met ’n advertensieveldtog vir plastiek-blindings. Die mugu (1959) is ’n satiriese reisverhaal: die dooltog van Gysbrecht Edelhart deur die strate van Kaapstad.Elize Botha het daarna verwys as die eerste siklus “in die groter siklus-in-wording wat Etienne Leroux se werk in wese is”. Dit vestig reeds die patroon van mitiese parallelle wat in Leroux se latere romans so sterk voorkom.
не указано
Цена: 818.81 RUR
ПодробнееMarlise Joubert bladspieël
модель не указана
57169607
In bladspieël – die digter se agste digbundel – verken Marlise Joubert in ’n kenmerkend vloeiende styl temas soos verganklikheid en verval, onthou en verewiging, liefde en familieverhoudings, digterskap en die skryfproses. Die gedigte verwoord, en word as’t ware ’n afbeelding van, die ervarings van die digter as belewende subjek, en betrek só die leser op intieme wyse by haar ervarings van die alledaagse.
не указано